Teksidees weer vanjaar “te koop” by vanjaar se Teksmark

Die sewende Teksmark vind vanjaar van 24 tot 26 Augustus by die Baxterteater in Kaapstad plaas.

Die sewende Teksmark vind vanjaar van 24 tot 26 Augustus by die Baxterteater in Kaapstad plaas.

“Almal is welkom om by ons aan te sluit vir hierdie broeikas van Suid-Afrikaanse teater. Beide gevestigde en opkomende skrywers bied hulle idees vir nuwe teaterwerke aan. En hierdie jaar is daar weer ’n uiteenlopende en opwindende aanbod.”, sê Hugo Theart, artistieke direkteur van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK).

Teksmark is ’n projek van die KKNK, aangebied in samewerking met die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATi) en die Baxterteatersentrum, waar idees en tekste met belangstellendes in die bedryf gedeel word vir moontlike verdere ontwikkeling.

Verskeie skrywers bied hul idees vir tekste aan, waaronder Toroga Denver, Alby Michaels, Henriëtta Gryffenberg, Louw Venter, Wessel Pretorius,  Dianne Albertze, Philip Theron, Grant Jefthas, Andi Colombo, Jane Mpholo, Mikayla Joy Brown, Anele Kose, Gita Fourie, Nico Taljaard, André Gerber, Elana-Marié Snyman, Sbuja Dywili, asook vyf skrywers wat deel vorm van die Suidoosterfees NATi Jong Sterre-projek moontlik gemaak deur Die Jakes Gerwelstigting (Moniq Gouws, Tiffany Saterdaght, Zack Mtombeni, Curtley Pitt en Roland du Preez).

 

Van die akteurs en regisseurs wat betrokke is, sluit onder ander in: Albert Pretorius, Zenobia Klopper, Stephren Saayman, Carlo Daniels, René Cloete, Gary Naidoo, Rafiek Mammon, Daneel van der Walt, Karli Heine, Tshegofatsu Mabutla, Carla Smith, Wessel Pretorius, Geon Nel, Dean-John Smith, Cindy Swanepoel, Zak Hendrikz, Celeste Loots, Robert Hindley, Eben Genis, Jane Mpholo, Anele Kose, Robyn September, Johann Nel, Gaerin Hauptfleisch, André Samuels, Dean Balie, Philip Rademeyer, Louw Venter, Cole Wessels en vele meer.

Cornelia Faasen, uitvoerende hoof van NATi, sê: “Teksmark het die laaste twee jaar ’n soort troos vir die bedryf in ’n droewige tyd van bykans geen regstreekse teater geword en vanjaar keer Teksmark terug na die oorspronklike wortels van dié projek.”

“Nou dat ons weet ons kan weer teater maak, het ons skrywers en tekste met nuwe, vars idees en aanslae nodig. Die wêreld het oor die laaste twee jaar so baie verander. Ons skrywers moet ons help om sin hiervan te maak en ons herinner dat die teater en die verhoog dié plek is waar ons met idees kan speel en eksperimenteer. Daarom sien ons uit om te sien hoe ons skrywers die geleentheid aangryp, ons verras, vermaak en bowenal laat dink, soos dit goeie teater betaam,” sê sy.

Volgens Lara Foot, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die Baxterteater, behou die kunste en storievertel hul betekenisvolle doel om ons samelewing en gemeenskappe te genees soos wat ons voortbeur in die stryd teen effekte van die pandemie en inperking, met veerkragtigheid en relevantheid, nou meer as ooit.

Teksmark, nou in sy sewende jaar, se groei is bemoedigend vir die bedryf en spesifiek vir kunstenaars. Dit is vir my verblydend om vanjaar die span, die kunstenaars en die gaste by die Baxter te verwelkom vir Teksmark 2022. Die slyp van jong kunstenaars, skrywers en teatermakers sal altyd ’n fundamentele deel uitmaak van wat ons by die Baxter doen en daarom is hierdie samewerking met Teksmark so deurslaggewend. Om stories te ontwikkel wat in hul moedertaal oorvertel word, in die inheemse taal wat die meeste tot die werk bydra, moet ons almal inspireer om meer te doen.”

Die proses werk só: skrywers bied tydens Teksmark ’n voorlegging oor hul idee aan, gevolg deur ’n uittreksel wat as leesteater aangebied word, waarna ’n gesprek met insette van die rolspelers en die gehoor volg. Hierdie gehoor sluit onder andere genooide teater- en feesverteenwoordigers, sowel as moontlike beleggers en vervaardigers in.

Teksmark kan gratis deur alle belangstellendes bygewoon word, maar dit is belangrik om teen 23 Augustus te RSVP by www.kknk.co.za/teksmark/. Plek is beperk, so maak seker jy is op die gastelys!

As jy nie die geleentheid by die Baxterteater kan bywoon nie, kan jy die regstreekse stroming van al die sessies op die KKNK se webblad volg.