Borgeboodskap: Absa

Absa vier sy 21ste jaar as borg van die KKNK

In 2023 vier die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) sy 27ste fees, terwyl Absa vir 21 jaar as ’n trotse borg betrokke is.

By Absa glo ons ons het ’n bydrae te lewer tot die nasie se ontwikkeling. Die kombinasie van ons grootte, reikwydte en teenwoordigheid oor die land heen gee ons die geleentheid om ’n betekenisvolle bydrae te lewer om plaaslike en internasionale talent te koester. Dit is binne dié raamwerk dat ons vroeër vanjaar ons hernuwing van ons borgskap vir ’n verdere drie jaar aangekondig het. Ons voortgesette vennootskap met die KKNK maak dit vir ons moontlik om ’n betekenisvolle, volhoubare impak op die gemeenskap van Oudtshoorn en die kunstebedryf as ’n geheel te maak.

Een van die groot veranderinge by vanjaar se fees is dat die Absa Rooiplein op die feesterrein geleë sal wees. Feesgangers kan uitsien na ’n wye verskeidenheid ervaringe, wat die besonder gewilde Koffietafel-kuiers met Hannes van Wyk insluit. Diegene wat net op soek is na ’n plek om te ontspan, wat die besienswaardighede en klanke van die fees wil inneem, word uitgenooi om by ons aan te sluit vir die viering van kuns en kleur terwyl jy aan ’n verfrissende plaaslike drankie teug.

’n Uitstalling van kunswerke van jong, opkomende kunstenaars van oral in Afrika, tesame met kunswerke uit Absa se korporatiewe versameling wat selde gesien word, is by die Prince Vintcent en by die Absa-tak te sien.

Ons borgskap van die KKNK behels meer as net die kunste en kultuur. Ons glo daarin om terug te ploeg in die gemeenskap wat Absa elke jaar op so ’n gasvrye manier ontvang, en die duisende lojale besoekers wat elke jaar die fees ondersteun. Vanjaar sal Absa weer nou saamwerk met die Toekomsrus-gemeenskap aan ’n volhoubare groentetuin wat mense sal voed, letterlik sowel as visueel.

Dit is vir Absa ’n vreugde om feesgangers by 2023 se KKNK te verwelkom. Ons hoop om jou by die Absa Rooiplein te sien om gesamentlik die lewenskragtigheid van die kunstebedryf te vier.

John Tshabalala

Besturende uitvoerende hoof: Verhoudingsbankwese, Wes- en Oos-Kaap (Absa Groep Beperk)