Borgeboodskap: ATKV

Só maak kunste ’n daadwerklike verskil

Wat ’n voorreg om vanjaar weer hande met die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) te vat. Die bekende Helen Keller het eenkeer gesê: “Alleen kan ons so min doen, saam so baie.”

In die Karoo Kaarte-projek kry haar woorde lewe en dis vir die ATKV verblydend om te sien hoe die kunste gebruik kan word om ’n daadwerklike verskil te maak. As organisasie is dit vir ons belangrik om Afrikaanse taal, kultuur, kennis en kreatiwiteit onmisbaar en aktief deel van nasiebou, versoening en ’n suksesvolle Suid-Afrika te maak.

Met Karoo Kaarte kry ’n gedeelde visie vlerke en ons is trots om saam met die KKNK en ander rolspelers in die gemeenskap van Oudtshoorn te belê.

Ons sien uit na ’n KKNK-ketoetie propvol pret en plesier, maar meer nog ’n feestelike geleentheid wat lewens verryk en verander.

Sonél Brits

Besturende direkteur: ATKV-MSW