Borgeboodskap: KykNET

Stories in Afrikaans gevier

kykNET en die KKNK is bykans sinoniem – warm kultuurtuistes waar die wonderlike tekste, klanke, beelde en stories wat mense skep in Afrikaans gevier word. 

Ons is trots om weer ’n vennoot van die fees te wees, en opgewonde om vanjaar saam te kuier op hierdie asemrowende Klein Karoo-vlaktes waar honger kultuursoekers en storievertellers en jolytmakers mekaar al vir dekades kom opsoek, omhels, uitdaag en vermaak. 

Ons missie is juis ook dit – om die bekende én onbekende wêreld in feit en fiksie uit te beeld en mense rondom taal en boeiende inhoud bymekaar te bring. Mag die fees vir ons almal ’n fees wees!

Waldimar Pelser

M-Net direkteur: Premium-kanale