Borgeboodskap: Media24

’n Viering van Afrikaans in al sy vorme en veelsydigheid

Media24 is ’n trotse ondersteuner van die kunste, en die KKNK lê ons veral na aan die hart. Dit is immers waar die viering van Afrikaans in al sy vorme en vir al sy mense op veelsydige feesverhoë nou reeds byna drie dekades gelede sy beslag gekry het.  

Media24 speel oudergewoonte gasheer by die Netwerk24-feeskafee. Hierdie uitsonderlike geleentheid om ons lesers en gebruikers in gesellige luim beter te leer ken, maak die KKNK vir ons nog meer spesiaal. Kom loer gerus in!

Hartlik geluk aan die feesbestuur en spanne met die vol program van gehalte-produksies om elke kunssmaak tevrede te stel – van ou gunstelinge op die verhoog tot vars produksies en nuwe talent. Dankie ook aan die mense van Oudtshoorn en die kontrei vir jul voorbereidings en warm gasvryheid.

Aan die feesgangers – geniet hierdie viering van ’n onblusbare kreatiewe gees. Welkom en lekker kuier in die Klein Karoo!

Ishmet Davidson

Uitvoerende hoof: Media24