Borgeboodskap: Minister van kultuursake en sport: Wes-Kaapse regering

Kuns en kultuur skep verbondenheid

Die Wes-Kaapse regering is trots daarop om die Klein Karoo Nasionale Kunstefees as een van die hoogtepunte op ons jaarlikse kultuurkalender te ondersteun. Ons het die belangrikheid van kuns en kultuur gesien om ruimtes van verbondenheid vir die mense van ons provinsie te skep. 

Die KKNK lok ook besoekers van oor die provinsie heen en maak ’n positiewe impak op Oudtshoorn se ekonomie, sowel as dié van omliggende dorpe. Kuns, kultuur, musiek en taal het die mag om ons denkwyses te verander. Ons moet voortgaan om die talent wat ons in ons land het te koester en te ondersteun, deur die ondersteuning van feeste soos die KKNK. 

Geniet die fees en dankie dat jy dit ondersteun.    

Anroux Marais

Minister van kultuursake en sport: Wes-Kaapse regering