Borgeboodskap: NATi

Gehore gereed om terug te keer na teater, feeste

Dis bykans onmoontlik om te glo dat dit reeds ’n jaar later is.  In 2022 was die KKNK ons eerste fees wat in lewende lywe aangebied is ná ’n lang droogte van aanlyn teater en ons kon skaars ons geluk glo. En hierdie jaar beloof om voort te bou op die sukses van verlede jaar. Dit is duidelik dat gehore gereed is om terug te keer na die teater, en die feeste in die besonder. Gereed om die gevoel van gemeenskap en die vreugde van lewendige kuns, musiek en teater te ervaar.  

 Om in vandag se tye ’n kunstefees aan te bied, is ’n suiwer daad van geloof en getuig van maande se bloed, sweet en trane. Die KKNK-span moet gelukgewens word vir die uitstekende program wat hulle saamgestel het. Dit is weer eens vir NATi ’n voorreg om betrokke te wees by die KKNK se hele ketoetie!

Cornelia Faasen

Uitvoerende hoof: NATi