Borgeboodskap: RSG

RSG en die KKNK is sinoniem

Die KKNK, die Karoo en RSG is sinoniem. RSG is van die beginjare deel van die KKNK en ons sien daarna uit om vanjaar weer fisiek deel te wees van die fees deur regstreekse uitsendings.

As die nasionale Afrikaanse uitsaaier is dit ’n eer vir RSG om deel te wees van die hele ketoetie by die KKNK. RSG bring spesiaal vir Martelize Brink, Johan Rademan en Haidee Muller-Isaacs na die fees.  

Kom maak gerus ’n draai by die daaglikse uitsendings van Driesestig tussen 13:00 en 15:00 elke weeksdag en ervaar die krag van radio. Jy kry die geleentheid om te sien en te hoor hoe ’n radioprogram saamgestel en aangebied word. RSG se immer gewilde omroepers is opgewonde om met luisteraars en aanhangers by die fees te gesels.

RSG ondersteun met trots die kunste en kunstenaars. Die voortbestaan en ontginning van ’n verskeidenheid van talent is een van die redes waarom RSG elke jaar die KKNK ondersteun. Met meer as 1,3 miljoen luisteraars wat landwyd inskakel, kan elkeen vanjaar deel wees van die KKNK.

Louise Jooste

Sakebestuurder: RSG