’n Onwaarskynlike reeks skynbaar onverwante oomblikke of Dinsdag

As jy ’n aanhanger van die surrealisme en abstrakte teater is, is dié een vir jou. This is what the people want! Niks hoef sin te maak nie! Alles is subjektief! 

As jy ’n aanhanger van die surrealisme en abstrakte teater is, is dié een vir jou. ’n Onwaarskynlike reeks skynbaar onverwante oomblikke of Dinsdag is ’n mondvol – beide die titel en die toneel. Die stuk is inderdaad ’n reeks fragmente wat skynbaar min met mekaar te doen het, en dit is die eenvoud daarvan. Moenie in die teater instap en struktuur of liniêre storielyn verwag nie: wees voorbereid vir speelsheid en onvoorspelbaarheid. 

As jy bekend is met enige vorige projekte deur Reuben Murphy, Hendrik Nieuwoudt, Kristin Pienaar en kie, sal jy tuis voel in die atmosfeer wat geskep word deur die neonligte, electro snippets en pop culture references. Die hele ding voel soos ’n inside joke met die gehoor. Dit is lekker om te sien hoe jong teatermakers soveel pret het met toneel. This is what the people want! Niks hoef sin te maak nie! Alles is subjektief! 

Die treffende visuele elemente sal goed vertaal tot ’n eksperimentele kortfilm. Die stuk is ’n warboel van droombeelde, indringende gedagtes, die verkramptheid wat dikwels sinoniem is met kleindorpkinderlewe en die angsgevoel van jonkwees in ’n chaotiese, moderne wêreld. ’n Kreatiewe stuk wat die potensiaal het om selfs verder te ontwikkel en wyer uit te reik.

Bespreek jou kaartjies hier: http://lifesagrind.com/en/programme/n-onwaarskynlike-reeks-skynbaar-onverwante-oomblikke-of-dinsdag/ 

The Art Stories Incubator is enabled by PESP-3, BASA and the Department of Sport, Arts and Culture.