‘’n Gek vir jou’ is vir wanneer jy ’n opkikker nodig het

Ané Koegelenberg en Christie van Niekerk trek hulle narskoene aan vir hierdie een! As die fees-blues begin inskop en jy het ’n opkikker nodig, gaan kyk ’n Gek vir jou!

Ané Koegelenberg en Christie van Niekerk trek hulle narskoene aan vir hierdie een! 

Koegelenberg en Van Niekerk se produksie ’n Gek vir jou, waarin hulle onderskeidelik die rolle van Yanni en Laurel vertolk en waarvoor hulle die teks, regie, choreografie, stelontwerp en vervaardiging gedoen het, is ’n sintese van uiterste emosies, hegte verhoudings, dating in die hedendaagse konteks (lees: dating apps) en heartbreak.

Dis inderdaad verstommend dat ’n volronde storielyn oorgedra kan word deur stilspel. Met behulp van minimale geluide, musiek en bypassende choreografie, en enkele rekwisiete soos selfone en hygromans (ja, jy’t reg gelees), laat dié twee narre jou anders dink oor hulle professie.

As die fees-blues begin inskop en jy het ’n opkikker nodig, gaan kyk ’n Gek vir jou! Die laaste vertoning wys op 4 April om 19:00. Moet dit nie misloop nie.

Hier is meer inligting: http://lifesagrind.com/program/n-gek-vir-jou/ 

The Art Stories Incubator is enabled by PESP-3, BASA and the Department of Sport, Arts and Culture.