Sketskomedie-cum-koorsdroom

Die fragmentariese aanbod van hierdie toneelstuk kan ’n bietjie oorweldigend en holderstebolder voel, maar as jy dit assosiatief benader, ontsluit ’n wêreld van inteksverwysings, relatable shower thoughts en ’n titsel absurditeit daarby om jou op ’n verbeeldingsvlug te neem soos geen ander.

’n Onwaarskynlike reeks skynbaar onverwante oomblikke of Dinsdag is SNL-cum-Komas uit ‘n bamboesstok; YouTube shorts-cum-metamodernisme; sketskomedie-cum-koorsdroom. 

Die fragmentariese aanbod van hierdie toneelstuk kan ’n bietjie oorweldigend en holderstebolder voel, maar as jy dit assosiatief benader, ontsluit ’n wêreld van inteksverwysings, relatable shower thoughts en ’n titsel absurditeit daarby om jou op ’n verbeeldingsvlug te neem soos geen ander.

Die dinamiese skeppers van en spelers in ’n Onwaarskynlike reeks, naamlik René Cloete, Reuben Murphy, Kristin Pienaar en Hendrik Nieuwoudt, verdien applous! Om ’n reeks van “skynbaar onverwante oomblikke” saam te voeg op so ’n komplekse dog verstaanbare en humoristiese wyse, is beslis ’n uitdaging en hulle het hulle goed van hulle taak gekwyt. 

As jy al ooit gewonder het wat is die punt, is hierdie toneelstuk net vir jou. Hulle laaste vertoning is op 5 April om 14:00 in die Griesselsaal. Maak seker om kaartjies te kry mits jy nie die kans op die belewing van hierdie tragikomedie wil verpas nie.

Vir meer inligting: http://lifesagrind.com/program/n-onwaarskynlike-reeks-skynbaar-onverwante-oomblikke-of-dinsdag/

The Art Stories Incubator is enabled by PESP-3, BASA and the Department of Sport, Arts and Culture.